Getuienisaksies

God is besig in en met die wêreld. Elke gelowige ontvang die roeping om die boodskap van God se genade in Jesus Christus uit te dra en uit te leef. Dit beteken dat elkeen van ons gestuur word na ons gemeenskap, huis, huwelik, gesin, skool, kampus, werkplek en vriendekring om met Jesus Christus se liefde  'n verskil te maak. Die Heilige Gees lei en versterk ons om nie net bruikbaar te wees nie, maar ook om die besondere plek raak te sien waar God jou wil gebruik.

Ons vind ons roeping in die woorde van Jesus self (Handelinge 1:8):  Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

Kontak Sheadie Odendaal by die Getuieniskantoor vir meer inligting oor enige van die en ander getuienis aksies 021 919 4230 of odendaal@uitsigkerk.co.za

SHILOH SYNERGY
Shiloh Synergy is a group of projects based on Biblical principles and committed towards the genuine needs of our fellow people, the animals and our environment. The idea is to provide a conduit for people and organizations to support genuine needy projects. Our main concern is the upliftment and  providing assistance to children and people who are in need. Secondary our aim is to keep our supporters up to date on the progress with these projects.

We mainly operate from the Western Cape in South Africa, but our donations and sponsorships are international, while our project efforts are as God leads and as wide as we humanly can go.

Kontak:
Delene Kleyn of Wilna Vorster  +27 (0) 21 981 8241
Volledige inligting op Shiloh se eie webtuiste:  www.shiloh.org.za 
 
DE WAVEREN: LAERSKOOL PROJEK
Die Laerskool De Waveren is in die sub-ekonomiese behuisingskema, Ruyterwacht. Ongeveer 70% van die ouers van die gemeenskap is aangewese op werkloosheidspensioen en baie ander leef van maatskaplike toelaes vir hul kinders. Huislike omstandighede is in baie gevalle fisies en sosiaal haglik.
 
Ons gemeentelede en omgeegroepe het in 1997 ‘n projek by die skool begin. Elke Woensdag word kos en sap aan die kinders bedien. Sedert 2003 word skoolklere vir kinders gegee, sweetpakke geborg vir sportkinders en vervoer verskaf op spesifieke sportdae. Tweedehandse klere, beddegoed en gordyne word ook verskaf. Aan die einde van elke jaar word ‘n geskenkpak aan elke kind oorhandig.

Kontak: Liana Beeton 021 919 5197 of Cielie Engelbrecht  021 919 2287
 
ROOSBOOM EN BLOEMENDAL: PLAASWERKERS BEDIENING
Gemeentelede reik uit na die werkers op die plase Roosboom en Bloemendal. Sondae word eredienste daar gehou, met kleuterkerk vir die jonger kinders en kategese vir die volwassenes. Daar word ook na die geestelike behoeftes en welsyn van die werkers en hul gesinne omgesien.

Kontak:  André Van Der Merwe 021 919 4908

MISSION AVIATION FELLOWSHIP TANZANIA

Kirstein Combrink dien in Tanzanië as sendeling en vlieënier vir Mission Aviation Fellowship.