Monday, April 30, 2012

Familie Pinkster

Uitsig se Familie Pinkster in Mei-maand 2012 is 'n tyd vir:
Saamwees.
Saam sing.
Saam bid.
Saam na die Woord luister.
Bekragtig en besiel te word deur die Heilige Gees.
Welkom!

Monday, April 2, 2012

Groot Lydensweek

Hierdie week staan bekend as Groot Lydensweek, of Heilige Week in ander tradisies. Mag jy werklik die genade van Christus ervaar op pad na Goeie Vrydag.

Goeie Vrydag 09:00 is daar Nagmaal. Kom hoor; "Die genade van Jesus by die kruis is vir elke huis" en neem 'n kruisie saam huis toe. Theo is op diens.
Sondag 06:45 by Sonstraaldam is Sonsopkomsdiens. Om 09:00 Paasdiens:"Kyk, kyk na die Heer" - Francois.

Sunday, March 18, 2012

Lydenstyd

Ons is in Lydenstyd - Vir sewe weke dink en oordink ons die pad van die kruis wat Jesus vir ons elkeen geloop het. Ons draai ons koppe stadig in die rigting van Jerusalem na die hoogtepunt van die Christelike kalender. Jesus sterf vir ons en oorwin die dood met Sy opstanding! Mag ons elkeen versterk en vertroos word in hierdie tyd van besinning en oordenking.